Lees: Johannes 12:12-33
Gedagte vir kinders: Jesus Christus is vir ons gekruisig sodat baie mense gered kan word.
Oorsig: Ons lees in al die evangeliebeskrywinge van die intog in Jerusalem. In Johannes verneem ons van ʼn menigte feesgangers wat juis kennis geneem het van Lasarus se opwekking uit die dood. Hulle het palmtakke, die simbool van feesviering en oorwinning, opgeneem. Hulle het dit gedoen toe hulle hoor dat Jesus na Jerusalem kom en Hom tegemoet gegaan met woorde uit Ps. 118:25: “Hosanna (Here, red ons) … Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!” En hulle het bygevoeg: “die Koning van Israel” (v. 12-13).
Die Here Jesus het toe ʼn jong esel gevind en daarop gaan sit. Dit het Sagaria 9:9 se woorde in vervulling laat gaan oor Jerusalem se Koning wat op die vul van ʼn eselin sit. Die dissipels het later eers besef dat hulle so deel was van die Skrif wat vervul is (v. 14-16). Die skare het hiermee saam ook van Lasarus se opwekking uit die dood getuig. Dit het die skare nog groter gemaak. Die Fariseërs het met mekaar hieroor baklei dat hulle niks vorder nie en dat die hele wêreld agter Jesus aanloop (v. 17-19). ʼn Deel van hierdie hele wêreld wat genome is, was blykbaar Grieke wat Jodegenote geword en op die Paasfees saam met die Jode aanbid het (vgl. Hand. 13:43). Hulle het na die apostel, Filippus, gegaan, moontlik omdat hy ʼn Griekse naam gehad het. Hulle het toe gevra dat hulle Jesus graag wil sien. Filippus het dit vir Andreas, ook met ʼn Griekse naam, vertel, en hulle het dit weer vir die Here Jesus gaan vertel (v. 20-21).
Jesus het toe geantwoord dat die uur gekom het dat die Seun van mens verheerlik moes word, wat gedui het op die pad vanaf sy kruisiging tot hemelvaart. Hy verduidelik dit toe met die beeld van ʼn koringkorrel wat eers in die grond moet sterf, voordat die plant daaruit veel vrug kan dra (v. 23-24). Hierdie patroon herhaal ook in elke dissipel se lewe wanneer iemand sterwe aan hulleself in Hom met die oog op die ewige lewe. Dit beteken dat Jesus gevolg moet word, en dat waar Hy is, sy dienaar ook sal wees en dat die Vader so iemand sal eer (v. 25-26). Hy het toe gesê dat sy siel ontsteld is oor dit wat nog moes gebeur. Hy sou die Vader egter nie vra om uitkoms nie, maar eerder dat die Vader sy Naam sal verheerlik. Hierop het ʼn stem uit die hemel geantwoord: “Ek het dit verheerlik” (sy aardse bediening) “en sal dit weer verheerlik” (die kruisiging en opstanding – v. 27-28). Sommige het gemeen dat die stem ʼn donderslag en ander dat dit ʼn engel was. Jesus het geantwoord dat dit om hulle ontwil gebeur het en dat dit beteken dat (1) dit die oordeel van die wêreld was en (2) dat die duiwel (owerste) buitentoe gedryf sou word. En (3) Hy sou van die aarde af verhoog word en so almal na Hom toe trek. Daardeur het Hy gewys op sy kruisdood en uiteindelik sy hemelvaart (v. 29-33).
Besprekingsvraag: Watter gevolge het Christus se kruisdood alles volgens die gedeelte?
Insig: Christus se intog op Palmsondag, die dag wat ons ook vandag herdenk, wys heen na sy oorwinning wat vrede bring. Dit kom neer op die vervulling van die Skrifte oor ʼn Koning wat Jerusalem inry op die vul van ʼn eselin (Sag. 9:9-10). Salomo, die seun van Dawid, het eens op ʼn muil Jerusalem ingery as teken dat dit ʼn heerskappy van vrede sou wees (1 Kon. 1:38-40). Maar dan profeteer Sagaria van ʼn ander dag waarop die groot Seun van Dawid sou inry om sy ewige heerskappy van vrede in te bring. En Jesus Christus vervul hierdie woorde reeds voor sy kruisiging. Die Fariseërs is uitermate gefrustreer, maar profeteer tog steeds onbedoeld in hul frustrasie presies wat telkens in die geskiedenis van die Kerk en haar missie op aarde sou gebeur: Dat godsdienstige leiers met verkeerde motiewe sal moet toekyk hoe die hele wêreld agter Christus aangaan en dat Hy effektief hierdie wêreld penetreer en mense vir Homself vergader. Waarom?
Wanneer ons let op Christus se reaksie wanneer die godvresende Grieke Hom wil sien, begin ons die geheim van die groot oes begryp. Die hele wêreld wat daar reeds na Hom getrek word, is, anders as wat ons verwag, ʼn sein vir iets anders. Want eers moes iets gebeur wat die groot oes werklik sou moontlik maak. Die koringkorrel moes in die grond val en sterf. Hy moes eers sy lewe gee. Hieroor word hy ontsteld, en ons hoor woorde wat herinner aan sy latere woorde in Getsemane. Sou Hy die Vader vra om Hom te red van die kruisdood, omdat skares en selfs vreemdelinge buite Israel nou al belangstel?
En dan verklaar Hy dat hy juis vir daardie uur van die kruisiging gekom het. Wanneer Hy sê: “Vader, verheerlik u Naam,” moet ons hoor dat Hy eintlik vir die Vader vra: Laat die kruisiging van die Seun van God deurgaan. Daarsonder sou daar geen oes wees nie en alles op niks uitloop. En die Vader antwoord met weerklank uit die hemel, net een van drie keer in die openbare bediening van Christus (vgl. Matt. 3:16-17; 17:5). Die antwoord kom dat Hy reeds verheerlik is, in sy bediening op aarde, en Christus ook sal verheerlik in die kruising en opstanding.
Waarom was dit so noodsaaklik dat die kruisiging moes gebeur? Want so sou die oordeel van eenmaal, in die middel van die geskiedenis ingetrek word. So kan ons in Christus sien wat ons sonde veroorsaak, maar ook dat ons daarvan kan vrykom. Wanneer ons die verstommende versoening deur Christus se kruisdood in die geloof aanvaar, sien ons die groot wonderwerk van Golgota: Dat ons geoordeel word in Christus, maar ook vry word vir ʼn nuwe lewe. Hiermee saam is die Satan ook uitgewerp uit sy magsposisie en heerskappy (v. 31; vgl. ook Heidelbergse Kategismus, Sondag 1). Ja, die Satan kan nog verlei en seermaak, maar sy mag is verbreek. En vanuit die bevryding uit God se oordeel en die Satan se mag, hoor ons die heerlik-positiewe gevolg wat Jesus Christus so formuleer: Hy trek deur sy kruisdood en verheerliking almal na Hom toe (vgl. Jes. 52:13).
Ná sy kruisdood en opstanding sou die Here Jesus nie net die Grieke wat hier navraag doen nie, maar die kinders van God uit elke stam en tal en volk en nasie na Hom toe trek. Maar voor sy kruisiging was dit nog nie tyd om gesprek met hulle te voer nie. Daarna sou die nuwe verbond wel oopbreek in Hom vir verkondiging aan al die volke. Die Seun van God gee sy lewe vir die wêreld, en dit trek geweldig, tot vandag toe. Ja, hierdie ontsaglike liefdesdaad dring ons om onsself vir Hom te gee, aan onsself te sterwe en vir Hom te lewe. So word sy oorgawe vir sy Kerk die grond waarop sy liggaam ook aan hulle self mag sterf om heerlike vrug te dra in hierdie wêreld. Nou kan jy regtig aan jou ou mens sterf om vrugte vir die Here te dra. Uiteindelik sal die wêreldwye oes op grond van Christus se kruisdood ontsaglik groot wees.
Gebed: Here, ons dank U dat ons in hierdie dae weer met biddende harte mag nadink oor die prys vir ons verlossing. Ja, die lewe van Jesus Christus wat vir ons gegee is, gaan eintlik ons verstand te bowe. Maar ons kom andermaal in die krag van u Gees om dit te aanvaar met die voorneme om daaruit te lewe. Ons meld ook aan vir die konsekwensies daarvan om in u krag ook self te sterwe aan ons eiebelang, sodat ons kan vrug dra in u Koninkryk. Gebruik dan die krag van die kruis ook in ons lewe tot eer van u Naam. Amen.
Lied om te sing: Gesang 194:1, 3, 4
Aanskou die Heiland, sien die kruis –
die Hemelvors, verag, verguis.
Vir my het Hy Hom daar laat hang.
Hy leef, Hy sterf – in my belang.
Vir al my skuld het Hy betaal;
vir my in helle-angs gedaal.
Sy kruis, sy liefde onbegrens,
ontsluit in my ʼn nuwe mens.
Hom kan ek nou met vreugde dien
in ruimte deur sy kruis voorsien.
ʼn Liefde so volmaak en vry
eis alles, alles ook van my.
Werke geraadpleeg
- Matthew Henry
- Ignatius Catholic Study Bible, New Testament.
- John Bergsma, The Word of the Lord. Year A.
- Frederick Dale Bruner, The Gospel of John: Pillar New Testament Commentary.
Alwyn Swanepoel is ʼn professor in die Departement Dogmatologie by die AP Akademie in Pretoria.
Facts Only
Jesus entered Jerusalem on a young donkey, fulfilling Zechariah 9:9.
Crowds waved palm branches and shouted "Hosanna" and "Blessed is He who comes in the name of the Lord."
The people also called Jesus the "King of Israel."
The disciples later realized this event fulfilled Scripture.
The crowd included many who had witnessed Lazarus' resurrection.
The Pharisees were frustrated, saying, "The whole world is going after Him."
Greeks approached Philip, asking to see Jesus.
Jesus responded that His hour had come to be glorified, referencing His crucifixion.
He used the metaphor of a grain of wheat dying to bear fruit.
Jesus stated that His death would bring judgment to the world and drive out the devil.
A voice from heaven affirmed, "I have glorified it and will glorify it again."
Some thought the voice was thunder or an angel.
Jesus explained that His being "lifted up" (crucified) would draw all people to Him.
Executive Summary
The passage recounts Jesus' triumphal entry into Jerusalem, where crowds welcomed Him with palm branches, fulfilling the prophecy of Zechariah 9:9. The people hailed Him as the King of Israel, referencing Psalm 118:25, while the Pharisees expressed frustration at His growing influence. Greeks seeking Jesus symbolized the broader world's attraction to Him, prompting His teaching on the necessity of His death—comparing Himself to a grain of wheat that must die to bear fruit. Jesus' crucifixion, He explained, would bring judgment to the world, defeat the devil, and draw all people to Him. The Father's voice affirmed His mission, emphasizing the divine plan of redemption through sacrifice. The passage concludes with a reflection on how Christ's death enables believers to die to self and bear spiritual fruit, fulfilling God's global mission.
The narrative blends historical events with theological interpretation, presenting Jesus' entry as both a fulfillment of prophecy and a prelude to His sacrificial death. The tension between the Pharisees' resistance and the world's growing interest in Jesus underscores the transformative power of His mission. The emphasis on self-denial and fruitfulness frames the Christian life as a response to Christ's love, with His crucifixion as the foundation for global redemption.
Full Take
This passage presents a powerful theological narrative of Jesus' triumphal entry and the necessity of His crucifixion. The strongest version of this narrative highlights the fulfillment of prophecy, the divine plan of redemption, and the transformative impact of Christ's sacrifice. The text effectively contrasts the Pharisees' resistance with the world's growing attraction to Jesus, framing His death as the pivotal moment for global salvation.
Pattern scan: The narrative employs emotional appeal through vivid imagery (palm branches, crowds, divine voice) and moral urgency (judgment, defeat of the devil). However, it avoids distortion or bad faith, presenting a coherent theological argument. The emphasis on self-denial and fruitfulness serves as a call to action rather than manipulation.
Root cause: The paradigm driving this narrative is the Christian doctrine of atonement—Jesus' death as the means of salvation. The unstated assumption is that suffering and sacrifice are necessary for spiritual transformation, echoing the broader biblical theme of redemption through suffering.
Implications: This narrative affirms human dignity by offering a path to eternal life through Christ's sacrifice. The cost is borne by Jesus, while the benefit extends to all who believe. Second-order consequences include the spread of Christianity and the call for believers to live sacrificially.
Bridge questions: How does this narrative shape the understanding of suffering in the Christian life? What perspectives on atonement exist outside this framework? How might this passage be interpreted in cultures where sacrifice is viewed differently?
Counterstrike scan: If this were part of a coordinated influence campaign, the playbook would emphasize emotional appeal, divine authority, and moral urgency to persuade readers. However, the content aligns with established Christian theology rather than manipulative tactics. No concerning patterns detected.
Patterns detected: none
Sentinel — Human
Sentinel analysis incomplete — partial response from fallback model.
